Oudtshoorn Courant
Goudvisse: Nuutste teiken vir straatkinders
Nie eers visse is in Oudtshoorn veilig nie. Een van die vreemdste misdade is die afgelope naweek blootgelê na wakker buurtwaglede besig was met patrollie in die dorp se woonbuurte. Volgens Donovan Kleinhans, voorsitter van AfriForum-buurtwag, het...
Read Full Story (Page 1)Distrik se matrieks is tops
Die Eden- en Sentrale Karoo-onderwysdistrik het in 2025 ’n sterk matriekslaagsyfer van 89,1% behaal en daarmee as die vierde beste presterende distrik in die Wes-Kaap geëindig. Dit volg op ’n uitdagende matriekjaar waarin slegs twee onderwysdistrikte...
Read Full Story (Page 1)Waterkrisis broei
Die watersituasie in Oudtshoorn, De Rust, Dysselsdorp en omliggende gebiede het ’n kritieke punt bereik, met die moontlike vroeë instelling van vlak 2-waterbeperkings vir Oudtshoorn en beurtwater wat nou ’n werklikheid begin raak vir De Rust en...
Read Full Story (Page 1)Waterkrisis in Kannaland
Kannaland bevind hom onder toenemende druk weens ’n ernstige en verergerende waterkrisis, met damvlakke wat gevaarlik laag daal en gemeenskappe wat reeds die gevolge van beperkte watervoorsiening ervaar. Gerhard Otto, hoof van rampbestuur by die...
Read Full Story (Page 1)Kersvreugde vir kinders
Met skaars twee weke tot Kersdag het kinders oor die hele streek reeds hulle eerste smakie van Kersfees gehad. Dit te danke aan verskeie organisasies in die gemeenskap wat elke jaar hard werk, skenkings kry, pakkies opmaak en besoeke beplan om...
Read Full Story (Page 1)11-jarige sterf nadat voertuig haar tref
’n Gesin van Bridgton staar ’n uiters sombere Kersfees in die gesig nadat hul 11-jarige dogter, Ivory Josephs, Saterdagmiddag, 29 November, in Petunialaan, op die hoek by Toekomsrus VGK Môreson Bridgton, deur ’n bakkie doodgery is. Sy het op die...
Read Full Story (Page 1)Platter 5-stars for De Krans
With only two port-style wines receiving the coveted 5-star rating in the 46th edition of the Platter's by Diners Club Wine Guide 2026, De Krans Wines in Calitzdorp has once again affirmed its position as one of South Africa’s leading producers. This...
Read Full Story (Page 2)VIER gesinne dakloos
Met Kersfees om die draai, ’n tyd wat gewoonlik met vreugde, familie en veiligheid geassosieer word, leef vier gesinne van Bridgton nou deur elke ouer se grootste nagmerrie: om skielik alles te verloor. ’n Verwoestende brand het Sondag 16 November in...
Read Full Story (Page 1)Slegs EEN parkie gaan verkoop word
Slegs een van die parke in Oudtshoorn sal op ’n openbare veiling verkoop word. Dit is die gevolgtrekking ná ’n openbare vergadering wat Dinsdagaand, 11 November, in die banketsaal gehou is oor die voorgenome verkoop van 54 eiendomme wat aan die...
Read Full Story (Page 1)Munisipaliteit wil 54 erwe opveil
Die Oudtshoorn-munisipaliteit se plan om oop erwe en parkies, wat tans in onbruik is, te verkoop het inwoners warm onder die kraag, veral oor gerugte dat sommige van hierdie erwe vir middel- en lae inkomste behuising bestem is. Die eerste kennisgewing...
Read Full Story (Page 1)Van plaaswerker tot wynmaker
pad van nederige begin tot junior wynmaker gestap sonder enige formele opleiding en met slegs st. 6 agter sy naam. Wynmaak lê in sy bloed. Sy oupa, Klaas Goliath, het meer as 50 jaar lank op dieselfde plaas gestook. Jan het in sy voetspore gevolg en...
Read Full Story (Page 1)Ithemba House refurbished
As part of its ongoing community outreach, the Oudtshoorn Infantry School has successfully completed a comprehensive refurbishment project at Ithemba House, a local shelter for the homeless in Oudtshoorn. The transformation, made possible by...
Read Full Story (Page 1)Prins Albert pronk onder toptien
Die gewilde toerismedorp, Prins Albert aan die voet van die Swartberge, is pas aangewys as die agste mees finansieel stabiele munisipaliteit in die land. Van die toptien munisipaliteite is nege in die Wes-Kaap met een, Midvaal, in Gauteng. Ratings...
Read Full Story (Page 1)Blinde fietsryers by SA kampioenskappe
Vier blinde jeugfietsryers het hierdie week vir die heel eerste keer in Oudtshoorn aan ’n SA fietsrykampioenskap deelgeneem. Hulle kon danksy Johann Bekker, oudfietsryer, en Corné Bence, voorsitter van Wes-Kaap Fietsry en nasionale keurder, deel wees...
Read Full Story (Page 1)Blomme in kanaal vir Janine
Kleurvolle blomme in ’n droë kanaal was die stille getuienis van familie en vriende van Janine Stander se rou en seer. Janine (39), eggenoot van Ryan Stander en ma van drie seuns, se liggaam is op 23 September in ’n kanaal in buite Oudtshoorn ontdek....
Read Full Story (Page 1)Baartman deur Paarl Royals gekoop
Die Oudtshoorn-gebore Protea-bouler, Ottniel Baartman, het verlede week groot opslae gemaak tydens die 2025 Betway SA20-spelerveiling toe hy vir ’n indrukwekkende R5,1 miljoen deur die Paarl Royals gekoop is. Baartman het die afgelope seisoen vir die...
Read Full Story (Page 1)Man vas na noodlottige brand
’n 28-jarige man van Ladismith is Dinsdagaand, 9 September, in hegtenis geneem in verband met die dood van twee mense wat Sondag 7 September in ’n opslaanwoning in Bellstraat, Ladismith, in ’n brand omgekom het. Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse...
Read Full Story (Page 1)Van skaapwagter tot landbouwerker
Uit die landelike distrik Gamka-Wes het ’n inspirerende suksesverhaal na vore gekom. Johannes Jacobs, gebore op 7 April 1982 in Calitzdorp, is op 27 Augustus aangewys as Landbouwerker van die Jaar 2025, 'n prestasie wat sy lewenspad van nederige begin...
Read Full Story (Page 1)Dysselsdorper skitter by Silwerskermfees
Die bekroonde kulturele aktivis en storieverteller, Deidré Jantjies van Dysselsdorp, was die afgelope naweek in die kollig by die 13de kykNET Silwerskermfees toe twee films, waarvan sy die vervaardiger is, op die skerm vertoon is. Met Carissa, ’n film...
Read Full Story (Page 1)Jong man sterf op sy verjaarsdag
Jay-Dee Klue (22) wat Dinsdagmiddag, 19 Augustus, op sy verjaarsdag, in ’n motorfietsongeluk omgekom het, se familie is verslae oor sy dood. “Hy was die jongste van vier kinders, maar het hom soos die oudste gedra. As ons 'n probleem gehad het of hulp...
Read Full Story (Page 1)Talle vrae oor tronkvoorval
Geen haan het nog gekraai oor wat presies aanleiding gegee het tot die gewelddadige voorval by Oudtshoorn-gevangenis verlede Donderdag, 7 Augustus, waartydens vier bewaarders met skerp voorwerpe gesteek, en ’n gevangene dood is nie. Dit volg na ’n...
Read Full Story (Page 1)Vee vrek weens riool in rivier
Die Oudtshoorn-munisipaliteit het die afgelope twee weke ernstige probleme met ’n verstopping in ’n hoofrioollyn tussen die brug naby Klein Karoo Markt en Langenhovenweg ondervind. Die blokkasie het tot gevolg gehad dat riool in die Grobbelaarsrivier...
Read Full Story (Page 1)Lorna verjaar op Kilimanjaro
Nie almal het die moed of vasberadenheid om ’n berg soos Kilimanjaro aan te durf nie, maar vir Lorna Mooney (60) van Oudtshoorn was dit ’n droom wat sy vasbeslote was om te bewaarheid. Op 21 Junie, haar 60ste verjaarsdag, het sy dié indrukwekkende...
Read Full Story (Page 1)OUTRAGE AFTER FARM MURDER
The tiny Karoo village of Van Wyksdorp near Ladismith is reeling in shock following the brutal murder of 79-year-old Valerie Enzer, an artist and equestrian, who was found dead on the stoep of her farmhouse on Doringkloof, on Monday morning, 14...
Read Full Story (Page 1)Saturnus Primary crowned national champions
The 2025 SAMCA (South African Majorette and Cheerleading Association) National Championships officially kicked off in Oudtshoorn last week, and local talent wasted no time making their mark. In a week filled with fierce competition and amazing...
Read Full Story (Page 1)Onwettige strukture ’n bron van kommer
Die oprigting van onwettige strukture op munisipale grond bly ’n ernstige probleem in Oudtshoorn en word toenemend met misdaad verbind. Op Dinsdag 24 Junie het munisipale kontrakteurs nuwe strukture ontdek wat in digte bosse langs die rivier opgerig...
Read Full Story (Page 1)Kindermoordenaar kry tronkstraf
Sy het die betrokke oggend saam met vriende dwelms gerook en later die pa van haar seuntjie in sy gesig gesien en daarom besluit om hom te vermoor. Dit is van die erkennings wat die 41-jarige Drezene Jonkerman gemaak het in haar pleit- en...
Read Full Story (Page 1)Boomplaasgrot ’n argeologiese skat in Kangovallei
Die Boomplaasgrot, geleë in die Kangovallei aan die voet van die Swartberge noord van Oudtshoorn, word al hoe meer erken as ’n argeologiese skatkis. Dr. Justin Pargeter ’n argeoloog van die New York Universiteit, het Woensdag 11 Junie ’n insiggewende...
Read Full Story (Page 1)Jong lewe onsinnig geneem
Die onsinnige moord op Marelize 'Barbie' Jumas (28) van Blomnek het haar familie én die gemeenskap geruk. Jumas is deur haar aan-en-af-kêrel, Jonathan van Schalkwyk, verskeie kere in haar rug en kop met ’n mes gesteek. Van Schalkwyk het Woensdag 6...
Read Full Story (Page 1)Lea wen gesogte titel
’n Leerder van Laerskool Wesbank, Lea Olivier (12), het die afgelope naweek met die louere weggestap tydens die KUSA (Kennel Union of South Africa) se nasionale hondehanteerderskompetisie in Suid-Afrika. Sy is een van die jongste deelnemers en het die...
Read Full Story (Page 1)‘Iemand moet iets weet’
Die Dysselsdorp-gemeenskap het Donderdag 23 Mei hulde gebring aan die baba wat onlangs op gruwelike wyse in die Asla-woonbuurt aan die brand gesteek is. Die kranslegging is gehou op die plek waar die swart sak met die baba gevind is, in ’n sloot langs...
Read Full Story (Page 1)NOG GEEN ARRESTASIES NA BABA-BRAND NIE
Stilswye heers in Dysselsdorp na die grutoneel verlede week waar iemand ’n baba in ’n swart sak vol vullis aan die brand gesteek het. Dié grufonds is verlede Donderdagmiddag, 15 Mei, deur kinders in die Asla-woonbuurt gemaak. Die voorval het...
Read Full Story (Page 1)Calitzdorp-warmwaterbron gesluit
Besoekers wat verblyf by die gewilde Calitzdorp-warmwaterbron wil bespreek word deesdae begroet met ’n "Sorry, we are closed"-bordjie. Dzivhuluwani Mashila, bestuurder: projekte, eiendomme, fasiliteite en oordbestuur van die...
Read Full Story (Page 1)Knock Out pronk as kampioen
Die Klein-Karoo spog met ’n besondere eer nadat die Boerbokrammetjie, Knock Out van Karoo Livestock Boerbokstoetery op die plaas Chandelier, net buite Oudtshoorn aangewys is as die Wêreld Junior Kampioen Ram, asook die Wêreld Reserwe Grootkampioen...
Read Full Story (Page 1)Voorlopige verslag vir vliegongeluk bekend
Die Burger-lugvaartowerheid (BLO) het verlede week die voorlopige verslag oor die vliegongeluk waarin die ervare vlieënier James O’Connell op 22 Maart tydens ’n lugskou in Saldanha tragies gesterf het, bekendgemaak. Volgens die verslag het O’Connell,...
Read Full Story (Page 1)Gemeenskapsdiens word sinvol aangewend
Die Oudtshoorn Besigheidskamer het onlangs ’n gemeenskapsprojek van stapel gestuur, onder leiding van Hennie Davel, met die doel om nie net die dorp netjieser te maak nie, maar ook om verskeie instandhoudingstake aan te pak. Hierdie projek, wat in...
Read Full Story (Page 1)Klein Karoo Markt open binnekort
Oor ’n week vier Oudtshoorn die amptelike opening van die splinternuwe Klein Karoo Markt, ’n stylvolle, moderne winkelsentrum wat beloof om die inkopiehartklop van die Klein-Karoo te word. Die sentrum, wat gerieflik in Rademeyerstraat geleë is, open...
Read Full Story (Page 1)TFASA groet James O’Connell
Vir ewig is ’n baie lang tyd om iemand te mis, veral iemand wat sulke diep spore in jou lewe getrap het. Só het Marili van der Merwe, James O'Connell se persoonlike assistent van die afgelope drie jaar, Maandag tydens sy roudiens gesê. Die diens, wat...
Read Full Story (Page 1)KKNK 2025:
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn is tans volstoom aan die gang, met feesgangers wat die 29ste aanbieding van hierdie ikoniese fees geniet. Die fees het op 31 Maart afgeskop en duur tot Sondag 6 April. Die fees het met ’n...
Read Full Story (Page 1)Vlieënier se dood skok dorp
Ansie, James O'Connell, se vrou, praat met baie vrede in haar hart oor haar man. James is Saterdag 22 Maart in ’n vliegongeluk tydens ’n lugskou in Saldanha oorlede. “Ons het geen verwyte nie. Ons het ons moeilike tye, maar ons het ook baie...
Read Full Story (Page 1)Dysselsdorp-produksie debuteer by KKNK
Die teatergroep Artistic Rural Talent (ART) van Dysselsdorp maak vanjaar geskiedenis wanneer hul produksie, Tussen Strome, by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) debuteer. Die produksie is geskryf en geregisseer deur Elton Louw, ‘n boorling van...
Read Full Story (Page 1)A ll e o ë o p b r u g
Met die 29ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wat oor drie weke begin, is Oudtshoorn besig om sy vere reg te skud. Een van die mees sigbare tekens van voorbereiding is die transformasie van die ingangsbrug vanaf George na Oudtshoorn, in ’n...
Read Full Story (Page 1)Skoonmaak van Grobbelaarsrivier gestaak
Alle aktiwiteite rakende die skoonmaak van die Grobbelaarsrivier, is gestaak. Hierdie kennisgewing is vroeg gisteroggend, Woensdag 4 Maart, deur die munisipaliteit uitgereik. Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, moes...
Read Full Story (Page 1)Berusting vir familie na uitspraak
Hamilton Pharaoh het agt jaar gelede sy dogter, Nicole Cederas, belowe hy sal seker maak sy kry antwoorde oor wat met haar seun gebeur het, en hy het. Die 9-jarige Josh James Pharaoh, van die Paarl, het in 2017 ernstige kopbeserings opgedoen na hy by...
Read Full Story (Page 1)Baba Eshline uit hospitaal ontslaan
Eshline Daniels (18 maande), wat ernstige brandwonde opgedoen het toe die opslaanhut waarin sy en haar ma, Gerika, gewoon het, afgebrand het, is onlangs uit die hospitaal ontslaan. Gerika het die ergste gebrand en word steeds in Tygerberg-hospitaal...
Read Full Story (Page 1)Seun ernstig beseer na speletjie skeefloop
'n Seun van Oudtshoorn is in 'n kritieke toestand in George-hospitaal na hy ernstig seergekry het terwyl hy saam met vriende gespeel het. Volgens Elizabeth Janse, Sherwin Netherlands (13) se tannie, het hy op 26 Januarie saam met sy oupa, George...
Read Full Story (Page 1)Hartseer en verdriet na twee brande
Twee afsonderlike brande by informele strukture het die afgelope naweek plaasgevind en die lewe van een persoon geëis. Die eerste voorval was Saterdag 1 Februarie in Dysselsdorp en 'n ma en haar dogtertjie is met ernstige brandwonde in die hospitaal...
Read Full Story (Page 1)Die drie Q’s is by die huis
'n Ouerpaar van Oudtshoorn glimlag van oor tot oor na al drie hul wonderwerkies uiteindelik by die huis is. Cameron Josephs (24) het op 4 Desember in Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad aan haar en Quinton Ewerts se drielingseuntjies geboorte gegee....
Read Full Story (Page 1)Vyf nuwe inklusiewe onderwysklasse vir Dysselsdorp
Geskiedenis is Woensdag 15 Januarie gemaak met die amptelike opening van vyf nuwe inklusiewe onderwysklasse in Dysselsdorp. Die opening van die klasse sal nou kwaliteit onderrig verseker vir kinders wat gespesialiseerde aandag nodig het. Hierdie...
Read Full Story (Page 1)2024 Jaar van perfekte slaagsyfers
Die Eden en Sentraal-Karooonderwysdistrik het die Wes-Kaap se toppresteerder geword met 'n indrukwekkende slaagsyfer van 89.28% met ‘n styging van 4.69 persentasiepunte vanaf 2023. Dit is die hoogste slaagsyfer wat die distrik nog ooit in die NSS...
Read Full Story (Page 1)Museum bly gesluit
Dit blyk dat die CP Nel-museum minstens tot einde Januarie gesluit gaan bly. Die raad van trustees van die CP Nel-museum het op 2 Januarie die hekke van die museum gesluit omdat hulle bekommerd is oor die voortdurende bestuursuitdagings by die...
Read Full Story (Page 1)Nuwelinge by Cango Wildlife Ranch
Cango Wildlife Ranch het onlangs vier jagluiperdwelpies en ses poukuikens ryker geword. Volgens Tammy Moult, assistentdirekteur by die Ranch, is die koms van die welpies 'n belangrike bydrae tot die wêreldwye bewaring van hierdie bedreigde...
Read Full Story (Page 1)Man wat hond met mes steek gearresteer
’n 22-jarige man is die week in hegtenis geneem nadat hy na bewering Vrydagaand, 6 Desember, ’n tweejarige Amerikaanse Veghond (pit bull) in Riemvasmaak, met ’n mes gesteek het. Volgens sers. Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaapse polisie, is...
Read Full Story (Page 1)DWELMSINDIKAAT in 2025 verhoor
LIEZL VAN NIEKERK EN GARNETT WICOMB Die saak teen 16 verdagtes, vermoedelik ‘n dwelmsindikaat, wat teregstaan op altesaam 54 aanklagte van handel in dwelms, geldwassery en rampokkery, is in die Oudtshoorn-streekhof vir vyf dae se verhoor tot Mei 2025...
Read Full Story (Page 1)Nóg twee oorlede
Slegs twee weke na inwoners van Oudtshoorn en Dysselsdorp die skok en hartseer moes verwerk van die dood van geliefde onderwyser, PJ Sauls in 'n motorongeluk, en die 14-jarige Nehemiah Jacobs wat verdrink het, tref die doodstyding weer. Adrian Fortuin...
Read Full Story (Page 1)Wat is volgende?
Van Wyk verduidelik dat hy nou deur enige internasionale K1-skopbokser uitgedaag kan word vir die gesogte titel. “Met die volgende geveg sal ek dan dié titel moet verdedig. Ons weet nog nie wanneer of waar dit gaan gebeur nie, maar ek is beslis gereed...
Read Full Story (Page 1)OUDTSHOORN ROU
Peter-John Sauls (24) is Vrydagaand op die toneel oorlede na 'n beweerde dronkbestuurder in Voortrekkerweg in hom vasgery het. Nehemiah Jacobs (14) het Saterdag in 'n dam verdrink waar hy en van sy vriende gaan swem het. Hy moes deur polisieduikers...
Read Full Story (Page 1)Huisbrand eis pa en dogter
Die familie van Thomas Booysen (45) en sy 7-jarige dogtertjie, Sphesihle Witbooi, is in rou gedompel na beide van hulle Saterdagaand, 2 November, dood is na hul informele struktuur onverklaarbaar aan die brand geraak het. Booysen was 'n algemene...
Read Full Story (Page 1)68-jarige in hof vir dieremishandeling
'n 68-jarige man van Colridge View, Oudtshoorn, het verlede Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof op aanklag van dieremishandeling verskyn. Die klag spruit uit 'n voorval in Junie 2023 waartydens Colleen Smith, voorsitter en stigter van Oudtshoorn Dogs...
Read Full Story (Page 1)Onmin oor direkteur se aanstelling
Onmin onder raadslede het tydens Dinsdag 22 Oktober se raadsvergadering geheers oor die aanstelling van 'n waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste. Die raad het die bedanking van Noël van Stade as direkteur van gemeenskapsdienste bespreek en moes...
Read Full Story (Page 1)Kranslegging vir Clifton Karelse
'n Gemeenskap in rou het gisteroggend, Woensdag 16 Oktober, op die hoek van Zebraweg en Oppermanstraat in Bridgton bymekaar gekom om hul laaste eer aan Clifton Karelse (25) te betoon. Karelse het op 10 Oktober met sy fiets in Zebraweg gery toe hy deur...
Read Full Story (Page 1)Skok groot na rob Oudtshoorniet aanval
Wat begin het as 'n gewone, ontspanne dag by die see vir Mathys Pienaar (21), sy meisie Liané Colling en haar familie, het Saterdag 5 Oktober geëindig in 'n besoek by die hospitaal na hy deur 'n rob aangeval is. Pienaar is 'n inwoner van Oudtshoorn en...
Read Full Story (Page 1)Moord in Dassieweg skok gemeenskap
'n Moord Sondagoggend, 29 September, waartydens een broer 'n ander doodgesteek het, het skokgolwe deur die gemeenskap van Dassieweg, Bridgton gestuur. "Die Oudtshoorn-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek 'n...
Read Full Story (Page 1)Mia hartlik verwelkom
Oudtshoorn was die afgelope naweek in rep en roer met die tuiskoms van Mia le Roux Oudtshoorn se eie Mej. SuidAfrika. Le Roux is op 10 Augustus gekroon en was sedertdien nog nie weer by die huis nie. Sy kon die afgelope naweek vir die eerste keer na...
Read Full Story (Page 1)Oudtshoorniet in Filippynse tronk
Rosetta Bruintjies, die ma van Jolene du Plessis (35), wat tans in 'n tronk in die Filippyne is nadat sy met dwelms in haar besit gevind is, moet ongeveer R400 000 opdok voordat die prokureur wat vir haar dogter aangestel is met sy dienste...
Read Full Story (Page 1)































































